332. Jan de Villiers
Eienaar van Welgemoed, Stellenbosch 1759-1796.
Owner of Welgemoed, Stellenbosch 1759-1796.
335. Gertruida du Toit
DP het nie inligting oor hierdie Gertruida du Toit nie, maar wel oor 'n Gertruida du Toit
wat op 19 Desmember 1738 gedoop is. Sy sou getroud gewees het met 'n
Johannes de Villiers (DP 983). Ek gee haar voorgeslagte hierbo aan.
DP has no information on this Gertruida du Toit, but on Getruida du Toit who was baptized on 19 December 1738. She is perported to have been married to a Johannes de Villiers (DP 983). I show her ancestors above.
336. Christiaan Ludolph Neethling
1735 hoofonderwyser en later sekretaris van die posmeester, Ruppen. Vertrek 1740 na Nederland. Aankoms in die Kaap 25 Januarie 1741 met die "Amsterdam". Volgens Hoge was hy ingesrkyf as Christian Ludolph maar kry 1749 vergunning om die van Neethling daaraan toe te voeg. Assistent 1742-48, later boekhouer, 1756 sekretaris Raad van Justisie, en onderkoopman. 1786 sekretatis Weeskamer en lid Raad van Justisie. Gepensioeneerd 1789 (vry aangehaal uit de Villers/Pama).
1735 headmaster and later secretary of the postmaster, Ruppen. Leaves in 1740 for the Netherlands. Arrival in the Cape 25 January 1741 with the "Amsterdam". According to Hoge he had been entered as Christian Ludolph but received permission to add the family name Neethling in 1749. Assistant 1742-48, later accountant, 1756 secretary of the Council of Justice, and junior merchant. 1786 secretary Weeskamer and member of the Council of Justice. Retired 1789 (quoted freely from de Villiers/Pama).